
At is die jongste van drie kinders. Gebore op 8-Sept-1947. Sy pa was die eerste boer na die 2de wêreldoorlog wat hom gevestig het op die Rietrivier besproeiings skema.
At was van Graad 1 – 12 in Jacobsdal op skool. Hy was nie baie lief vir akademie nie, maar het gehou van opstelle en gedigte skryf.
“In tye van hartseer, bang en onseker het ek my emosies en gevoelens op skrif vasgepen en eers nou op my oudag besluit om dit beskikbaar te stel”